Wat ‘n voorreg is dit om met 2 bene op die grond te kan staan,
om op ‘n pretdraf, ‘n fietsresies of sommer net ‘n wandeling te gaan.
Ek het dit besef die naweek toe ek by ‘n winkelsentrum in die motorvoertuig sit en wag,
op hierdie besonderse Saterdag middag.
My oog merk ‘n oom in ‘n Rolstoel op, met sy een hand is hy besig om homself vorentoe te rol,
terwyl die waentjie met sy inkoopsakkies voor hom gestoot word met sy ander hand en met hul eie wielietjies die pad vorentoe vind terwyl hulle so rol rol rol…
Die oom gaan tot by sy voordeur van sy motorvoertuig, maak die deur oop,
en gooi in die motor alles wat hy sopas kon koop.
Vandaar kry hy homself tot by sy kattebak,
maak dit oop en maak homself staan met sy stompie-been teen die kant van die motor, net langs die kattebak se dak.
Met sy een been op die grond en die stompie teen die motor,
Word my verbasing al hoe groter.
Hy vou die Rolstoel op en sit dit in die kattebak,
met ‘n baie groot gemak.
Haal sy paar krukke uit,
en die kattebak word toegesluit.
Hy gaan tot by sy deur en maak homself sit,
en heelwaarskynlik is dit net daar wat ek moes begin bid.
Hoe is dit moontlik vir daardie man om sonder ‘n teken van “bejammering” in sy gesig,
hom ten volle te baat by sy plig?
Hoe is dit so maklik vir my om te kla en murmereer oor die simpel skoene wat weer nie pas nie,
as daardie oom geen kommer uitspreek oor die geld wat hy mors om twee skoene te MOET koop nie.
Hoekom is dit soveel makliker om te kla oor die pyne in ons bene,
as daardie oom wens hy het twee bene?
Hoekom is die negatiwiteit so duidelik in my stem as ek vertel oor hoe ek so ver moes stap tot by die motor as gevolg van die feit dat dit die naaste parkering was,
en daardie oom nie eers wys dat hy die afwesigheid van die een been beskou as ‘n las.
Die rede: Jou gevoel om gehoor en aanvaar te word is so groot,
dat jy enige iets wat jou pla as TE GROOT.
Jou woordeskat fokus op jou tekortkominge eerder as jou seëninge,
en jou gemak en gerief word getel aan die hoeveel heid DINGE.
Fokus eerder op dit wat jy het, en wees dankbaar daarvoor,
voor jy dalk ook eers ‘n been moet verloor.