‘n Lekker Kamp naweek…

Vriendin van my vra my om saam met haar en paar pelle te gaan kamp,

Sê nie nee nie se net ja, anders sal dit wees ‘n ramp.

Wees Gerus Kampterein is baie mooi,

Ek is nou gebrand, bloedrooi.

 

Die groepie wat saam gekamp het was baie gaaf,

en sommige heelwat braaf.

Een ou het gekamp saam met sy 2 sussies,

en wil jy my glo daar was geen rusie.

 

Ek sal weer so ‘n kamp wil bywoon,

en dalk met my eie matras in my eie tent woon.

Ek geniet die kamplewe,

Dit maak my na more strewe.

 

‘n Nuwe maand…nuwe begin.

Baie mense het altyd gese dat hierdie jaar gaan ek….of ek gaan hierdie jaar nie meer….

ek het ‘n ander siening dit maak eintlik meer seer.

Ek het ‘n nuwe maandsvoorneme om beter geld besteding of beter mense verhouding te he,

en elke keer is dit asbof mens dit weer van voor af kan neer le.

 

Nie hierdie keer nie, hierdie keer het ek goeie nuus,

al moet ek dit self se - askuus.

Ek het vir die eerste keer my tiende TEN VOLLE vir die kerk gegee,

en die Here het my nog meer gegee.

 

Ek is op ‘n goeie begrotings maand verlede maand, 

en ‘n nuwe plan is in vir hierdie maand.

Die plan vir hierdie maand is om by die kafeteria te eet elke dag,

en net ‘n broodjie in die nag.

 

Hul se dit sal goedkoper  wees as dit so gebeur,

want wat kan mens met R400 koop bitter min…dit stel my teleur.

Kom ons kyk wat hierdie maand gaan inhou,

miskien gaan NOG beter as nou.

 

Shakes

Kla jy met jou twee bene op die grond??

Wat ‘n voorreg is dit om met 2 bene op die grond te kan staan,

om op ‘n pretdraf, ‘n fietsresies of sommer net ‘n wandeling te gaan.

Ek het dit besef die naweek toe ek by ‘n winkelsentrum in die motorvoertuig sit en wag,

op hierdie besonderse Saterdag middag.

 

My oog merk ‘n oom in ‘n  Rolstoel op, met sy een hand is hy besig om homself vorentoe te rol,

terwyl die waentjie met sy inkoopsakkies voor hom gestoot word met sy ander hand en met hul eie wielietjies die pad vorentoe vind terwyl hulle so rol rol rol…

Die oom gaan tot by sy voordeur van sy motorvoertuig, maak die deur oop,

en gooi in die motor alles wat hy sopas kon koop.

 

Vandaar kry hy homself tot by sy kattebak,

maak dit oop en maak homself staan met sy stompie-been teen die kant van die motor, net langs die kattebak se dak.

Met sy een been op die grond en die stompie teen die motor,

Word my verbasing al hoe groter.

 

Hy vou die Rolstoel op en sit dit in die kattebak,

met ‘n baie groot gemak.

Haal sy paar krukke uit,

en die kattebak word toegesluit.

 

Hy gaan tot by sy deur en maak homself sit,

en heelwaarskynlik is dit net daar wat ek moes begin bid.

Hoe is dit moontlik vir daardie man om sonder ‘n teken van “bejammering” in sy gesig,

hom ten volle te baat by sy plig?

 

Hoe is dit so maklik vir my om te kla en murmereer oor die simpel skoene wat weer nie pas nie,

as daardie oom geen kommer uitspreek oor die geld wat hy mors om twee skoene te MOET koop nie.

Hoekom is dit soveel makliker om te kla oor die pyne in ons bene,

as daardie oom wens hy het twee bene?

Hoekom is die negatiwiteit so duidelik in my stem as ek vertel oor hoe ek so ver moes stap tot by die motor as gevolg van die feit dat dit die naaste parkering was,

en daardie oom nie eers wys dat hy die afwesigheid van die een been beskou as ‘n las.

 

Die rede: Jou gevoel om gehoor en aanvaar te word is so groot,

dat jy enige iets wat jou pla as TE GROOT.

Jou woordeskat fokus op jou tekortkominge eerder as jou seëninge,

en jou gemak en gerief word getel aan die hoeveel heid DINGE.

 

Fokus eerder op dit wat jy het, en wees dankbaar daarvoor,

voor jy dalk ook eers ‘n been moet verloor.

 

 

Wanneer die maand langer is as wat die geld hou…

Wat ‘n LAAANNG maand is hierdie een,

hoor jy van tyd tot tyd by elkeen.

Wat maak dié maand dan nou soveel langer as die vorige paar?

Dit is die hoeveelheid dinge wat jy nog sou wou doen, en toe is die einde daar…

 

Die einde van die geld is die begin van mense se verwyt,

aan die onnodige chips en coke waarmee hul die geld net in die asblik smyt.

Jou sekuriteit word as’t ware deurmekaar gewoel,

as jy die laaste rand uit jou beursie voel-voel.

 

Waar lê jou sekuriteit dan?

In die hoeveelheid geld in jou sak, of die petrol in jou kar?

Jou hele wese kan tog onmoontlik tot senutergende vlakke skiet,

as jou bankstaat vir jou die “onvoldoende fondse” bied?

 

God voorsien verseker en almal verkondig dit tog,

en waar is dit nou as ek daarmee wil spog?

Voorsien God dan net as dit wat ek wil  hê voorsien is?

Of kyk ek die huis, die kamer, die bed en die yskas mis?

 

Dit wat jy NODIG het VANDAG word in OORVLOED voorsien,

maar jy kies steeds om vir Mamon te dien.

Fokus op vandag en kyk wat jy het,

sonder om te vra na dit wat jy nie het.

 

 

 

 

Hier is ons nou…

My gedoriewaar kan jy glo nog ‘n dag is al amper klaar,

nadat ek my goeie hulp ontvang het sal jul my hopelik meer hier gewaar.

My plan met hierdie blog is om my talente te deel,

vir oud en jonk en sommer die geheel.

 

Ek hoop van harte dat die reis saam op my “blog”

gaan verseker jou op jou stoel vasgom.

Tot ‘n volgende keer,

ek wil eers nog ‘n bietjie van die besigheid af leer.